WAARDESISTEEM: Ons waardesisteem word onderskryf deur Bybelse waardes.
KIND: Selfstandige leerders wat gedissiplineerd en kreatief is.
Leerders se individuele potensiaal word identifiseer en ontwikkel.
PERSONEEL: Entoesiastiese opvoeders wat voortdurend aanpas by die eise van die tyd.
OUERS EN GEMEENSKAP: n Goed ingeligte, positiewe ouergemeenskap wat betrokke is by hul kinders se opvoedingsproses.
BESTUUR: Optimale benutting van die infrastruktuur en hulpbronne van die skool, deursigtige finansiële bestuur en goeie kommunikasie.
DEPARTEMENT: Ons erken die Derpartement van Onderwys se rol in die hele onderwysproses en ons verwag dat die department n ondersteunende rol sal speel in die skool se Visie en Missie.