Skoollied

 

'n Skoollied vir ons skool is in November 1983 in gebruik geneem: 

Die Lied  

Ons sing van waterstrome,  
Van vrugbare vallei,  
Van tuine en van boorde  
Hier in ons mooi kontrei.  

Ons kyk op na die berge
Die hemelblou daarbo
Ons hulp is van die Here  
In Hom sal ons bly glo.  

Dis hier waar Akkedissies woel  
En saamstaan een van sin,
Ons skool se vaandel hoog te dra,
Die skool wat ons bemin.  

(Woorde en musiek deur R du Plessis) 

 

Schoolsong

We‟ll sing of streamlets murmuring  
Through valley rich and fine,
Where gardens flourish in the sun,
With crops of fruit and vine.  

We‟ll look up to the mountains,  
The sky above so blue;  
Our help comes from the Lord alone  
To Him we shall be true.  

Tis here were Akkedissies thrive,  
Join hands in work and play;  
We‟ll bear the banner of our school,  
And praise her day by day.  

 (Words and music by R du Plessis)